archive-title
Category Archives: Programming
Loading…
-
Bungalow in the Forest
-
With Playground
-
Big Tent
-
Bungalow on the Beach
Reviews
Loading…
“Baie dankie vir ‘n heerlike en onvergeetlike toer na Singapore, Viëtnam en Kambodja. Dit het al my verwagtinge oortref!”
Leonie Roux, Stellenbosch, 24 April 2016
“Baie dankie vir ‘n onvergeetlike, perfek georganiseerde toer in Singapore, Viëtnam en Kambodja. Dit was my beste reis ooit. Ons geniet die foto’s en raak nie uitgepraat oor al die ervarings nie. Nogmaals dankie!”
Belinda Fourie, Senekal, 25 April 2016
“Hier vanuit ‘n redelike nat Stellenbosch wil ek net baie dankie sê vir ‘n vyfster-toer, met waarde vir geld, uitstekende toergidse, en al die heerlike etes waar ons die lande se kosse kon proe en waardeer. Ek het so baie geleer en elke oomblik terdeë geniet.”
Christine du Toit, Stellenbosch, 27 April 2016
“Ons klomp Vrystaters wil baie, baie dankie sê – uit ons harte uit – vir die heerlikste en opwindendste toer van ‘n leeftyd! Ons het regtig elke oomblik daarvan vreeslik geniet en elke dag was vol hoogtepunte. Ons kan nie glo dat ons so baie dinge beleef het in die kort tydjie nie! Alles het seepglad verloop en jou reëlings was alles perfek gedoen. Die akkomodasie en kos… sommer alles het ons verwagtinge oortref. Baie dankie!”
Riana en Neel Odendaal, Senekal, 7 Mei 2016
“Net om weereens baie dankie te sê vir ‘n heerlike toer van Budapest na Bukarest. Die tyd op die bus was ‘n lekker ervaring, want ons het ‘n goeie indruk van die lande gekry. Daar was ook pret op die bus en die geborgenheid wat saam met ‘n georganiseerde toer gaan. Baie dankie vir jou kalm aandeel.” Heila Brand, Vanrhynsdorp, 1 Julie 2016
“Om met 32 wildvreemde mense die vreemde in te gaan is seker nie een van die maklikste dinge om te doen nie… Julle het dit baie goed reggekry om almal veilig, gelukkig en tevrede te hou op ons Kroasië-toer. Dankie vir die lekker hotelle. Dankie vir julle… vir vriendelikheid, geduld en sommer alles. Die herinneringe sal nog lank by ons bly” Elbrand en Annette van der Westhuizen, Secunda, 10 Julie 2016
“Baie baie dankie vir ‘n onvergeetlike toer deur Kroasië. Dit het my stoutste verwagtinge oortref. Ek is amper te bang om ooit weer op ‘n toer te gaan, want netnou is dit nie weer so lekker nie! Julle het my baie beïndruk met julle professionaliteit. Well done!” Tillie Wüst, Bellville, 12 Julie 2016
“Ek wil net baie dankie sê vir ‘n ongelooflike lekker toer deur Italië, Kroasië en Griekeland. Baie dankie vir jou puik reëlings en jou geduld met al die verskillende persoonlikhede.” Rika Leeb, Jeffreysbaai, 14 Julie 2016
“Terwyl ek so deur my foto’s blaai en al die lekkerte herleef, besef ek net weer hoe geseënd ons was om hierdie wonderlike toer deur Italië, Kroasië en Griekeland saam te kon beleef en geniet. Baie dankie vir al jou moeite om dit vir ons moontlik en aangenaam te maak. Hierdie twee weke sal nog lank in my “herinneringsboksie” lewendig gehou word….” Heloïse van der Merwe, Groot-Brakrivier , 18 Julie 2016
Dankie vir ‘n besonderse toer na Viëtnam en Kambodja – plekke waarheen ons beslis nie op ons eie sou kon gaan nie. Alles was goed georganiseer en die hotelle was puik. Dit was lekker om net vyftien in die groep te wees en sonder uitsondering was dit gawe mense met wie ons almal maklik klaargekom het. Dankie ook vir Renhard – ons was beïndruk met sy omsien na almal.
– Dr Jean du Plessis, Strand, 1 April 2017
Net om weereens BAIE dankie te sê vir ‘n onvergeetlike lekker toer na die Kanariese Eilande, Spanje en Nederland. Barcelona was so uniek en daardie gawe toergids het my met nuwe oë na Spanja laat kyk. En dan Las Palmas en die tulpeprag van Keukenhof – ek is so bly ek kon dit beleef. Baie dankie vir al die reëlings vir ons toer – soos gewoonlik puik. Selfs die Schengen-probleme is vergete!
– Susan du Plessis, Worcester, 29 April 2017
Ons was maar redelik skepties om met ‘n georganiseerde toer oorsee te gaan, maar julle het ons heeltemal verkeerd bewys. Dit was fantasties om net terug te sit en alles te geniet – baie dankie daarvoor! Renhard was ‘n puik toerleier en die balans tussen aftyd en sessies saam met plaaslike toergidse in die mooie Kroasië was uitstekend. Ons is nou al drie dae terug in die Paarl en kan nie ophou borrel oor die lekker tyd saam met julle en die res van die toergroep nie.
– De Swardt-gesin, Paarl, 14 Julie 2017
Baie dankie vir ‘n onvergeetlike tyd deur die Baltiese See. Ek is baie dankbaar dat ek deel was van die ervaring – het elke oomblik geniet. Malmo was ook ‘n pragtige bonus. Sien uit na nog goeie tye saam met Van Dyk Toere!
– Reana Smit, Welgelegen, 16 Julie 2017
Ons wil net weer baie dankie sê vir ‘n wonderlike toer deur Skandinawië. Ons sal dit altyd onthou as een van die hoogtepunte van ons toere. Alles het seepglad verloop. Dankie ook vir die spesiale reëlings rondom die ekstra vlugte en hotel-besprekings.
– Kellie en Elsabé Kellerman, Hermanus, 18 Julie 2017
Ek was baie skepties oor groepstoere, maar gelukkig het Reana my oortuig om saam te toer na Skandinawië! Dit was ‘n fantasmagoriese vakansie! Baie dankie vir ‘n ongelooflike ervaring. St Petersburg was fantasties en Faberge ongelooflik… Dankie vir al jou moeite vir ‘n vakansie wat regtig ‘n feëverhaal was!
– Corné de Villiers, Welgelegen, 18 Julie 2017
Ons wil net baie baie dankie sê vir ‘n wonderlike vakansie. Baie dankie ook vir jou reëlings vir ons in Noorweë. Jy het regtig die ekstra myl gestap vir ons… die ideale liggings van die hotelle en die sprokiesmooi treinrit. Ons waardeer dit alles baie en sal julle met graagte aanbeveel.
– FX en Marietjie Jurgens, Pretoria, 22 Julie 2017
Ons wil net weer BAIE dankie sê vir ‘n wonderlike Kroasië-toer. Wat geadverteer was as ‘n goedkoper kostekerwer-toer was toe uiteindelik net een groot hoogtepunt en ‘n fynbeplande waarde vir geld toer wat ons kan beskryf as een van die lekkerste en beste toere waarop ons nog was. Alles was net reg, van die bus tot die hotelle en die pragtigste besienswaardighede in ‘n baie mooi land. Besonder baie dankie ook aan Renhard wat uit sy pad gegaan het om almal te help en met sy vriendelike spontane geaardheid ‘n uitstekende toerleier was.
– Eddie en Estie Conradie, Durbanville, 24 Julie 2017
Baie dankie vir ‘n heerlike toer deur Pole, Praag & Berlyn. Die vrye tyd was vir my ‘n bonus en ek het seker gemaak dat ek dit ten beste benut! Ons Poolse toergids, Mateusz, was ook puik. Hy het ons nie net van baie addisionele inligting voorsien nie, maar letterlik ook die ekstra myl met ons gestap. Ek het al saam met verskeie toer-operateurs getoer en kan Van Dyk Toere van harte aanbeveel.
– Bettie Cronje, Springs , 16 Oktober 2017
Baie dankie vir ‘n heerlike toer deur Singapore, Viëtnam en Kambodja. Ek het regtig elke oomblik geniet. Die hotelle was puik en die besienswaardighede werklik die moeite werd. Ek weet nie hoe julle so baie ekstra’s kon inpas vir die toerkoste wat ons betaal het nie.
– Annie Roux, Durbanville, 22 Maart 2018
‘n Groot dankie vir ‘n wonderlike toer in die Verre Ooste! Ons het dit regtig waardeer dat julle soveel dinge vir ons in so ‘n kort tydjie kon inpas. En dan is ons spesiale versoeke, soos byvoorbeeld om ‘n eier-koffie demonstrasie in Viëtnam te beleef, ook nog geakkomodeer!
– Carin en Norval Geldenhuys, Onrusrivier, 25 Maart 2018
Die Viëtnam-toer was ‘n wonderlike ervaring. Sommige van die hotelle was uitstekend en die toergroep was ‘n gawie klompie mense, wat goed oor die weg gekom het. Die toergidse was ook almal baie goed – “they walked that extra mile”.
– Julie Venter, Krugersdorp, 16 April 2018
Dit is die eerste keer wat ons saam met julle getoer het. Ons is beїndruk en sal beslis weer van julle gebruik maak na ‘n wonderlike Alaska/Kanada-toer.
– Gert en Pauline Strauss, Durbanville, 14 Junie 2018
Baie dankie vir ‘n onvergeetlike toer deur Amerika, Alaska en Kanada. Ek kan julle reëlings en administrasie net komplimenteer. ‘n Mens toer werklik stresvry met Van Dyk Toere!
– Belinda Fourie, Senekal, 18 Junie 2018
Baie dankie vir puik reëlings en ‘n great toer deur Alaska en Kanada. Dit was ‘n wonderlike groep mense en ons sal die verskriklike mooi van Alaska en Kanada nie gou vergeet nie.
– Dirk en Wendy Pretorius, Brisbane (Australië), 20 Junie 2018
Ons wil net baie dankie sê vir die Alaska en Kanada-toer. Dit was vir ons ‘n onvergeetlike belewenis. ‘n Spesiale dankie aan julle as toerleiers vir julle moeite met die reëlings van die toer, asook die hulp gedurende die toer.
– Frikkie en Levina Els, Centurion, 24 Julie 2018
Ons wil net graag vir julle bedank vir ‘n heerlike en goed georganiseerde toer deur Pole, Praag en Berlyn. Die toer self was baie insiggewend, ongeag die buitengewone hitte.
– Hennie en Nikki Brand, Durbanville, 8 Augustus 2018
Baie dankie vir ‘n baie spesiale toer deur Switserland en Italië. Die ongelooflike natuur en aangename groep mense sal my bybly. Baie dankie vir al julle moeite om dit vir ons aangenaam te maak!
– Maryna Myburgh, Strand, 13 Augustus 2018
Ons wil net baie dankie sê vir ‘n wonderlike toer deur Oostenryk, Switserland en Italië. Ons het mooi ervarings gehad, pragtige plekke gesien, goeie mense ontmoet en ook nuwe vriende gemaak. Ons twee busbestuurders, Terry en Chris, was ook puik en baie gaaf.
– Willie en Louisa Venter, Panorama, 10 September 2018
Baie dankie vir die heerlike en pragtige toer na Switserland en Italië. Ons het elke oomblik daarvan geniet en het net die mooiste herinneringe van die ongelooflike natuurskoon en die pragtige stede en dorpe. Dis beslis een van die mooiste toere wat ons al beleef het. Dankie ook aan Renhard vir sy leiding, hulp en geduld. En die etes en middag-kospakkies was heerlik!
– Eddie en Estie Conradie, Durbanville, 11 September 2018
Ons wil julle graag hartlik bedank vir ons pasafgelope toer vanaf die Switserse Alpe tot die Italiaanse Riviera. Die toer was puik georganiseer, die hotelverblyf aangenaam en elke maaltyd heerlik! Renhard se hulpvaardigheid te alle tye was prysenswaardig. Ons wil graag vir Van Dyk Toere gelukwens met hierdie uiters suksesvolle toer.
– Koos en Marianne de Wet, Kleinmond, 18 September 2018
Ons wil graag dankie sê vir ‘n baie lekker Kanariese Eilande-toer. Dankie vir al julle vriendelikheid, reëlings en hulpvaardigheid. Wees verseker dat ons die toer baie geniet het en alles waardeer wat julle vir ons gedoen het.
– Oosie en Martie Oosthuizen, 4 April 2019
Baie dankie vir al julle wonderlike reëlings en harde werk vir die Kanariese Eilande-toer. Ons sal beslis terug wees op ‘n toer van julle!
– Christine Strydom, Stellenbosch, 17 April 2019
Ons en ons tasse is veilig terug in Kaapstad! Baie dankie vir ‘n onvergeetlike toer van die Switserse Alpe tot die Italiaanse Riviera. Dit was heerlik. Dankie ook aan Heinrich. Hy was ‘n doring en het homself so goed van sy taak gekwyt. Ons toer beslis volgende jaar weer saam met julle!
– Elmarie Franken, Durbanville, 1 Julie 2019
Ek kan nie glo dat ons twee weke gelede ons wonderlike toer in Zagreb begin het nie. Daar is nie genoeg woorde om vir julle te bedank vir ‘n onvergeetlike, goed beplande ondervinding nie. Alles van die toer was ‘n hoogtepunt: die hotelle, die ligging met onbeskryflike uitsigte, die staptoere, dit is net te veel om op te noem. Die groep was een en almal dierbare mensies bymekaar. Ons “gangsters” het elke oomblik geniet en hoop dat ons gespaar sal word vir ‘n volgende toer met Van Dyk Toere.
– Marina Walters, Uvongo, 1 Julie 2019
Hierdie is net ‘n baie dankie vir ‘n baie besondere Switserse Italiaanse toer. Ons het dit verskriklik geniet. Wat vir ons uitsonderlik was, was die feit dat ons met ‘n groep kon saam toer, maar tog baie ruimte gegun is om dinge op ons eie te ondersoek en te gaan na plekke wat vir ons interessant is. Die mense met wie ons saam getoer het, was ook waarlik ‘n besonderse groep. Almal was so bedagsaam en vriendelik.
– Riana Ehlers, Alberton, 1 Julie 2019
Baie dankie vir ‘n onvergeetlike toer van die Switserse Alpe tot die Italiaanse Riviera. Dit was onbeskryflik mooi en wonderlik om al die toerlede te kon leer ken. ‘n Spesiale dankie aan Heinrich wat aan die einde van die toer as toerleier waargeneem het. Hy het regtig jou skoene volgestaan en sal ‘n uitstekende toerleier uitmaak!
– Sonet Agenbag, Koekenaap, 7 Julie 2019
Ek wil net laat weet dat dit vir my ‘n wonderlike 32 dae saam met Van Dyk Toere was met die twee opeenvolgende toere. Nie een enkele dag was ek spyt dat ek dit alleen in die groepe gewaag het en voltooi het nie. Ek het so baie nuwe dinge geleer oor die lande wat ons besoek het, dit was ‘n ongelooflike ondervinding. Vir die eerste keer in my lewe het ek twee toere in een hou gedoen. En, weet jy wat, dit was waarde vir geld; ek het sowaar nog geld oor want alles was mos sommer net ingesluit. Vir die eerste keer in my toer-lewe kon ek van 6 tot 10 in die aand gratis verniet ‘n ou wyntjie of enige ander drankie geniet. Hoe kry julle dit reg? Ek hou ook baie van julle rustige manier van doen: voor die toer, op die bus en af van die bus. Hoe wonderlik was dit tog ook dat ons net kon vra “kan ons nie maar na hierdie of daardie plekkie ook gaan nie?” al was dit nie op die toerprogram nie, en jy het dit met jou goeie busbestuurders bespreek, en siedaar! Ons doen dit! Goed gedoen!
– Christine du Toit, Stellenbosch, 8 Julie 2019
Ek wil net weer dankie sê vir ons heerlike toer van Budapest na Bukarest. Ek het die toer ongelooflik baie geniet: die manier waarop jy die toer gelei het, jou vriendelikheid en bedagsaamheid, die wonderlike plekke wat ons gesien het, die heerlike kos en die goeie hotelle waarin ons gebly het. Boonop was dit vir my ‘n baie besondere groep mense wat op die toer was.
– Linda Viviers, Stilbaai, 9 Julie 2019
Ons wil net baie dankie sê vir die wonderlike toer deur Kroasië. Ons sal hierdie toer beslis aanbeveel: wonderlike plekke gesien, uitstekende busbestuurder en briljante blyplekke! Renhard was ook ‘n uitstekende toerleier.
– Chrisna Liebenberg, Emalahleni, 15 Julie 2019
Baie dankie vir ‘n heerlike twee weke in Engeland, Skotland en Ierland! Die toer het ‘n goeie balans tussen ou stede en die natuur gebied, met baie hoogtepunte. ‘n Mengsel van mooi blomme in die stede, die vars helder groen platteland, wit skape, Eye of London, Edenburg Taptoe, luukse ferry na Ierland, lekker kos, uitstekende busbestuurders en fantastiese mense op die toer sal ons altyd bybly.
– Duane en Charmaine de Swardt, Paarl, 16 Augustus 2019
Weereens baie dankie vir ‘n puik georganiseerde Britse Eilande Avontuur. Beslis die beste twee toere wat ek uit my twaalf toere oor die jare ervaar het, was met Van Dyk Toere in 2012 en 2019. Voorspoed met all julle toekomstige toere.
– Sanobi Schoonraad, Somerset-Wes, 19 Augustus 2019
Ek het die Britse Eilande-toer ontsettend baie geniet. Dankie aan julle – soos met elke toer wat julle aanbied was alles in plek en reg. Ek dink ons was ‘n besondere groep aangename mense bymekaar. Ek het regtig omgee-vir-mekaar ondervind.
– Ria Groenewald, Welkom, 20 Augustus 2019
Baie, baie dankie vir ‘n heerlike vakansie deur Suid-Amerika en vir nuwe vriendskappe gemaak. Ons sal graag in verbinding met almal wil bly!
– Russell en Elsa Hewitt, Brackenfell, 24 Maart 2023
‘n Groot en opregte dankie vir ‘n heerlike en onvergeetlike Suid-Amerikaanse toer. Ons was so ‘n lieflike toergroep; ek bêre al die heerlike tye diep in my hart. Dankie Gerhard vir jou omgee en leiding – jy het alles vir ons so maklik en sorgvry gemaak.
– Dottie Kleyn, Strand, 31 Maart 2023
Baie dankie Renhard en almal by Van Dyk Toere wat agter die “gordyn” soveel beplanning en werk gedoen het om vir ons ‘n wonderlike toer na Egipte saam te stel. En dit met twee goeie en besondere toergidse. Wat ‘n voorreg om elkeen van julle so ‘n klein bietjie beter te kon leer ken in hierdie tydjie saam – mag ons nog lank teer op hierdie memories.
– Franci Terblanche, Pretoria, 23 April 2023
Thank you for this amazing trip to Egypt and for meeting this wonderful group of people. Thank you Renhard, Muhammed, Ahmed and Van Dyk Tours for all your arrangements, safety and for selecting the best places to visit and accommodation for our tour.
– Claudine Hartell, Pretoria, 23 April 2023
Dankie aan julle almal vir die handjie by die trappe sonder relings en die piknag donker klouter oor die bote voor ons onvergeetlike warmballon-ervaring. Wat ‘n fantastiese “op die nipperetjie” byvoeging tot ‘n fantastiese Egiptiese toer! Julle kan maar Van Dyk Toere!
– Devereux Hickman-Davis, Port Elizabeth, 24 April 2023
Dankie Gerhard dat jy vir ons hierdie wonderlike treintoer deur Switserland gereël het. Dankie ook vir die wyse waarop jy ons as vreemdes almal as vriende kon saamsnoer. Ons kon net ontspan en Switserland met al sy skoonheid geniet!
– Corrie Henning, Pretoria, 9 Junie 2023
Ons is vanoggend hartseer dat hierdie wonderlike Switserse treintoer verby is. Dankie vir almal se vriendelikheid. Gerhard, jy is ‘n ster! God bless you all.
– Theo en Tersia Volschenk, Vryburg, 9 Junie 2023
Baie dankie vir ‘n onvergeetlike Switserse Alpe treintoer! Elke oomblik was ‘n belewenis. Ek toer weer een van die dae saam!
– Laetitia la Grange, Durbanville, 10 Junie 2023
Baie dankie vir ‘n pragtige toer deur Switserland met ‘n lifelike groep mense. Ek het dit só geniet!
– Nettie Wolmarans, Despatch, 18 Junie 2023
BAIE dankie vir ‘n baie lekker en interessante Switserse Alpe Treintoer. Ons het dit baie geniet en wonderlike mense ontmoet. Ons is net spyt ons kon nie langer bly nie! Ons sal die toer enige tyd weer doen. Dit was vir ons ‘n droom wat werklik geword het. Dankie dat julle dit moontlik gemaak het.
– Hennie en Elda Smit, Paul Roux, 27 Junie 2023
Ons wil baie dankie sê vir ‘n heeeerlike toer-vakansie! Dankie Gerhard vir al jou beplanning en
sorgsaamheid met elkeen van ons. Hoop ons paaie kruis eendag weer. –
Ters en Daleen van de Venter, Waterkloofrif, 23 Augustus 2023
Maande lank beplan almal aan ‘n toer… Daar word gevlieg, gevaar, stoomtrein gery, getaxi, geferry
en ge London Eye. Die toer het wyd gedraai. Doe Engelse, Skotte en Iere het ons gul ontvang. Dit
was ‘n toer om nooit te vergeet. Ons foto’s sal ons memories lewendig hou. –
Elmarie Haumann, Sandbaai, 22 Augustus 2023
Dit was heerlik om weer saam te toer en die Britse Eilande te beleef. ‘n Baie groot dankie aan
Gerhard vir al jou reëlings en veral omdat jy soveel moeite doen om spesiale reëlings te tref – ook op
kort kennisgewing. –
Gerhard, Daphney en Marlien Kemp, Westonaria, 22 Augustus 2023
Ek het lanklaas sóveel oulike mense in ‘n groep sien saam reis, grappe maak, altyd betyds wees,
hulpvaardig wees… Dankie aan Gerhard vir al jou puik reëlings vir ons Britse Eilande-toer, asook aan
die twee Chrisse wat ons veilig oor soveel kilometers vervoer het en ook hul kennis van die Britse
Eilande met ons gedeel het. –
Estelle de Wet, Hermanus, 22 Augustus 2023
Ons was vooraf baie opgewonde oor die Britse Eilande Avontuur-toer, min het ons geweet wat ‘n
wonderlike ervaring dit gaan wees! Baie dankie aan elkeen wat dit so spesiaal gemaak het. –
Rust en Karin de Jongh, Eversdal, 21 Augustus 2023
Ons eerste georganiserede oorseese toer, en wat ‘n fees!! So baie lekker mense ontmoet… Dankie
Gerhard vir ‘n great georganiseerde toer – jy laat dit eintlik maklik lyk. –
Sydney en Rika Carstens, Struisbaai, 21 Augustus 2023
Baie baie dankie aan elkeen! ‘n Onvergeetlike toer saam met die wonderlikste mense. Baie liefde en
soveel waardering gaan na elkeen van julle! –
Sydney en Rika Carstens, Struisbaai, 21 Augustus 2023
Die onlanse ysige weer het gemaak dat ek tuis bly en deur foto’s my pas voltooide reise herleef.
Warm, wonderlike Turkye met bouvalle uit vervloë tye, kleurvolle lugballonne wat hoog in die lug
sweef – geruisloos soos drome.
Kroasië se koel watervalle, blou water en groen parke – paradysagtig vir ‘n Karookind.
Onvergeetlik! Baie dankie Gerhard en toerleier Renhard vir leiding, seepgladde reëlings en
vriendelike hulp. Die digter Totius sê: “Die wêreld is ons woning nie”. Dit verhinder my egter nie om
die wêreld te bekyk nie – op reis met Van Dyk Toere! –
Annetjie Mouton, Klein-Brakrivier, 12 Augustus 2023
Ons is terug na ‘n heerlike toer Rondom die Wêreld! Baie dankie vir al jou goeie en netjiese reëlings, Gerhard. Dit was vir ons so spesiaal om deel van jou toer te wees, want alles was so goed georganiseerd en lekker. Die toer van Japan tot Alaska en verder was verseker ‘n groot hoogtepunt in ons lewens. – Dixie & Karin Janse van Rensburg, Mosselbaai, 11 Mei 2024
I really treasure the fabulous memories I have of our trip. Thank you, Gerhard, for leading us so well throughout scenic Switzerland. – Jeanne Garlick, Hermanus, 15 June 2024
Dankie Gerhard dat jy al die mooi dinge van Switserland vir ons gaan wys het. Ons is so dankbaar dat ons dit kon beleef. – Christa & Crewe Coetzee, Villiersdorp, 15 Junie 2024
Baie dankie aan ons vriendelike toergenote en bekwame toerleier. Die Switserse Alpe-treintoer was voorwaar ‘n hoogtepunt in ons reise om die onbekende te verken. Reis voort… en mag ons paaie weer eendag kruis. – Gerhard & Karien Barkhuizen, Worcester, 22 Junie 2024
Baie dankie vir ‘n fantastiese beplande toer en aan al die awesome mede-toerlede wat die Rynvaart vir my en Mark so besonders gemaak het. Ons is seker ons sal julle iewers weer “raak toer” met Van Dyk Toere! – Terliana Wessels, Monte Christo, 14 Julie 2024
Baie dankie vir ‘n mees fantastiese Somer Rynvaart-toer. Van Dyk Toere word gekenmerk deur die toerleiers se presisie, organisasie, geduld, vriendelikheid en omgee. Boonop het ek nuwe vriende gemaak op die toer en heerlik gekuier!. – Martina van den Berg, Reebok, 16 Julie 2024
‘n GROOT DANKIE aan Gerhard en Renhard vir ‘n 5*plus Rynvaart-toer. Dit was uit die boeke. Waardeer julle harde werk en baie moeite om vir ons so ‘n mooi toer seepglad te laat verloop. Julle is tops! – Linda Hanekom, Dwarskersbos, 16 Julie 2024
Die Somer Rynvaart-toer was regtig wonderlik, met baie spesiale herinneringe wat ons diep kan bewaar. Van Dyk Toere ons lieffff julle! – Corrie & Rona van Wyk, Klein-Brakrivier, 16 Julie 2024
Die Stilbaaiers het vanmiddag ook veilig tuis gekom. Nou is dit ons beurt om baie dankie te sê vir ‘n heerlike Rynvaart-toer. Dankie Gerhard en Renhard vir die ekstra myl wat julle altyd stap in alle opsigte. Dit is beslis ‘n voorreg om saam met Van Dyk Toere te reis. Ons hoop daar is nog vele! – Charles & Elize Botha, Stilbaai, 18 Julie 2024
Oe ek het nie woorde nie! Wat ‘n onvergeetlike Rynvaart-toer saam met ‘n amazing groep! Ek het kosbare herinneringe gemaak wat vir ewig in my hart sal bly. Baie dankie vir die ongelooflike plekke wat ons kon beleef het. Mag ons paaie weer kruis op ‘n volgende toer saam met die Van Dyks. – Monique du Plooy, Bloemfontein, 19 Julie 2024