standard-title Tuisblad

Tuisblad

WELKOM BY VAN DYK TOERE

Van Dyk Toere is begin deur Gerhard van Dyk toe hy in 1995 ‘n toer vir ‘n groep van 24 senior-burgers van die Hartenbos-diensentrum na Thailand aangebied het. Sy passie vir reis en om onbekende wêreld-dele met ander te deel het daartoe gelei dat die groepstoere deur die jare vinnig uitgebrei het. Sy seun, Renhard, deel sy passie vir reis en het Toerisme-bestuur gestudeer.

 

Van Dyk Toere se visie is om die billikste toere na die buiteland in Suid-Afrika aan te bied, sonder om kwaliteit in te boet. Los al die reëlings en stres vir ons en geniet ‘n unieke groepstoer, met genoeg vrye tyd om ook jou eie ding te doen!

 

Ons bied in 2027 vir die eerste keer ‘n Oos-Europese Riviervaart-toer van 23 Oktober tot 3 November aan. Ons is opgewonde oor die interessante Donau-bootvaart! Pak net een keer uit en in op ons luukse bootvaart met die MS Vivienne deur Duitsland, Oostenryk, Slowakye, Kroasië en Hongarye. Ons het ‘n baie billike toerkoste-aanbod vir die toer van ons toer-operateur in Switserland ontvang en dink dié toer bied uitstekende waarde vir geld. Sewe interessante landekskursies ter waarde van R5 200 is ingesluit by die toerkoste van R48 990.

 

Laat weet gerus as daar een van ons toere is waarin jy belangstel. En as jy ‘n voorstel het vir ‘n nuwe toer na ‘n ander deel van die wêreld, laat weet asseblief…

 

Die Dalai Lama het by geleentheid gesê:
“Once a year go someplace you’ve never been before.”

 

ONS WYS JOU NIE NET EUROPA, ASIË, OF DIE AMERIKA’S NIE
…….
ONS WYS JOU DIE WÊRELD!

 

Toere vir 2027

Kyk gerus na die reisplanne van ons opwindende groepstoere wat beplan word op ons TOERE VIR 2027-bladsy:

 

  • Tango deur Suid-Amerika:14-25 Maart 2027
  • Drie Riviere Rynvaart
  • Spanje & Portugal Bootvaart-toer: 21-31 Mei 2027
  • Spanje, Portugal & Switserse Alpe: 21 Mei – 10 Junie 2027
  • Switserse Alpe kleingroep-treintoer 1: 1-10 Junie 2027
  • Switserse Alpe kleingroep-treintoer 2: 10-19 Junie 2027
  • Turkse Somertoer: 14-27 Junie 2027
  • Turkye, Kroasië & Slowenië: 14 Junie – 7 Julie 2027
  • Kroasië en Slowenië: 26 Junie – 7 Julie 2027
  • Belgiese F1 Grand Prix: 14-22 Julie 2027
  • Britse Eilande Avontuur: 3-17 Augustus 2027
  • Skandinawië met ‘n Baltiese See-Bootvaart: 23 Augustus – 4 September 2027
  • Viëtnam, Kambodja & Singapore: 4-19 Oktober 2027
  • Griekse Eilande Bootvaart-toer: 8-18 Oktober 2027
  • Oos-Europese Riviervaart: 23 Oktober – 3 November 2027
  • Japan, Taipei & Hong Kong Bootvaart-toer: 27 November – 10 Desember 2027

              Monte Carlo, Monaco

We travel because we need to,
because distance and difference
are the secret tonic of creativity.
When we get home,
home is still the same.
But something in our mind
has been changed,
and that changes everything.

                Alaska-bootvaart

Top