standard-title Tuisblad

Tuisblad

WELKOM BY VAN DYK TOERE

Van Dyk Toere is begin deur Gerhard van Dyk toe hy in 1995 ‘n toer vir ‘n groep van 24 senior-burgers van die Hartenbos-diensentrum na Thailand aangebied het. Sy passie vir reis en om onbekende wêreld-dele met ander te deel het daartoe gelei dat die groepstoere deur die jare vinnig uitgebrei het. Sy seun, Renhard, deel sy passie vir reis en het Toerisme-bestuur gestudeer.

 

Van Dyk Toere se visie is om die billikste toere na die buiteland in Suid-Afrika aan te bied, sonder om kwaliteit in te boet. Los al die reëlings en stres vir ons en geniet ‘n unieke groepstoer, met genoeg vrye tyd om ook jou eie ding te doen!

 

Ons is sowaar dertig jaar oud in 2025! Ons vier ons dertigste jaar in die groepstoer-bedryf met ‘n baie spesiale Drie Riviere Rynvaart-toer van 1 tot 13 April 2025. Pak net een keer uit en in op ons luukse bootvaart met die MS Navibelle Princess! Een van die hoogtepunte van dié toer is ‘n besoek aan Keukenhof se tulpe-skouspel. Ons het ‘n baie billike toerkoste-aanbod vir die toer van ons toer-operateur in Switserland ontvang en dink dié toer bied uitstekende waarde vir geld. Vyf interessante landekskursies ter waarde van R6 000 is ingesluit by die toerkoste van R48 990.

 

Ons bied ook drie uiteenlopende Europese bootvaarte met die Norwegian Cruise Line aan. Dit sal die derde jaar wees wat ons ‘n bootvaart met die nuwe Norwegian V!VA aanbied – een van die gewildste bote in NCL se vloot. Dit is geen wonder dat daar van ons toerlede is wat meer as een keer met die V!VA vaar nie! Vir die eerste keer sedert 2019, bied ons ook weer ons Oos-Europese bustoer aan : Van Bukarest tot Budapest! Beleef Roemenië, Bulgarye, Serwië en Hongarye met die unieke toer.

 

Laat weet gerus as daar een van ons toere is waarin jy belangstel. En as jy ‘n voorstel het vir ‘n nuwe toer na ‘n ander deel van die wêreld, laat weet asseblief…

 

Die Dalai Lama het by geleentheid gesê:
“Once a year go someplace you’ve never been before.”

 

ONS WYS JOU NIE NET EUROPA, ASIË, OF DIE AMERIKA’S NIE
…….
ONS WYS JOU DIE WÊRELD!

 

Toere vir 2025

Kyk gerus na die reisplanne van ons opwindende groepstoere wat beplan word op ons TOERE VIR 2024/25-bladsy:

 

  • Drie Riviere Rynvaart: 1-13 April 2025
  • Skandinawië met ‘n Baltiese See-bootvaart: 26 Mei – 7 Junie 2025
  • Switserse Alpe kleingroep-treintoer: 7-16 Junie 2025
  • Kroasië en Slowenië: 29 Junie  – 10 Julie 2025
  • Britse Eilande Avontuur: 5-20 Augustus 2025
  • Europese Somer Bootvaart-toer: 12-24 Augustus 2025
  • Oos-Europese Groepstoer: Van Bukarest tot Budapest: 17-30 September 2025
  • Viëtnam, Kambodja & Singapore: 10-25 Oktober 2025
  • Griekse Eilande, Egipte & Turkye V!VA Bootvaart-toer: 17-29 Oktober 2025

 

              Monte Carlo, Monaco

We travel because we need to,
because distance and difference
are the secret tonic of creativity.
When we get home,
home is still the same.
But something in our mind
has been changed,
and that changes everything.

                Alaska-bootvaart

Top