Tuisblad
Van Dyk Toere is begin deur Gerhard van Dyk toe hy in 1995 ‘n toer vir ‘n groep van 24 senior-burgers van die Hartenbos-diensentrum na Thailand aangebied het. Sy passie vir reis en om onbekende wêreld-dele met ander te deel het daartoe gelei dat die groepstoere deur die jare vinnig uitgebrei het. Sy seun, Renhard, deel sy passie vir reis en het Toerisme-bestuur gestudeer.
Van Dyk Toere se visie is om die billikste toere na die buiteland in Suid-Afrika aan te bied, sonder om kwaliteit in te boet. Los al die reëlings en stres vir ons en geniet ‘n unieke groepstoer, met genoeg vrye tyd om ook jou eie ding te doen!
Ons is sowaar dertig jaar oud in 2025! Ons vier ons dertigste jaar in die groepstoer-bedryf met ‘n klompie baie spesiale groepstoere deur die loop van die jaar. Ons bespeur die afgelope twee jaar ‘n nuwe neiging in die toerisme-bedryf: mense bespreek al hoe vroeër hulle toer-reëlings. Miskien is dit ook die rede hoekom al die toere wat ons vanjaar aanbied, reeds begin Februariemaand volbespreek is. Gerhard en Renhard wil graag ‘n groot dankie oordra aan elkeen van die paar duisend toerlede wat vanaf 1995 een of meer van ons groepstoere meegemaak het. Dit was vir ons ‘n voorreg om deur die jare heen wonderlike toer-vriende te kon leer ken.
Ons het verskeie versoeke ontvang om weer ‘n toer na Alaska en die Kanadese Rockies aan te bied in Junie 2026. Ongelukkig het die Kanadese tans (in Maart 2025) ‘n ongelooflike agterstand van meer as 560 dae in die verwerking van visum-aansoeke. Met die onsekerheid van die moontlikheid om betyds Kanadese visums vir die toer te bekom, is dit dus nie moontlik om die toer aan te bied nie.
Ons Drie Riviere Rynvaart-toer in April vanjaar was vinnig volbespreek en ons is opgewonde om dié toer te herhaal in April 2026. Die reisplan bly onveranderd vir 14 tot 26 April 2026. Pak net een keer uit en in op ons luukse bootvaart met die MS Lisabelle! Een van die hoogtepunte van dié toer is ‘n besoek aan Keukenhof se tulpe-skouspel. Ons het weer ‘n baie billike toerkoste-aanbod vir die toer van ons toer-operateur in Switserland ontvang en dink dié toer bied uitstekende waarde vir geld. Vyf interessante landekskursies ter waarde van R6 000 is ingesluit by die toerkoste van R52 990.
Laat weet gerus as daar een van ons toere is waarin jy belangstel. En as jy ‘n voorstel het vir ‘n nuwe toer na ‘n ander deel van die wêreld, laat weet asseblief…
Die Dalai Lama het by geleentheid gesê:
“Once a year go someplace you’ve never been before.”
ONS WYS JOU NIE NET EUROPA, ASIË, OF DIE AMERIKA’S NIE
…….
ONS WYS JOU DIE WÊRELD!
Toere vir 2026
Kyk gerus na die reisplanne van ons opwindende groepstoere wat beplan word op ons TOERE VIR 2026-bladsy:
- Tango deur Suid-Amerika:15-26 Maart 2026
- Drie Riviere Rynvaart: 14- 26 April 2026
- Egipte & Nylvaart: 29 April – 10 Mei 2026
- Turkse Somertoer: 23 Mei – 5 Junie 2026
- Turkse Somer- & Switserse Alpe-toer: 23 Mei – 13 Junie 2026
- Switserse Alpe kleingroep-treintoer: 4-13 Junie 2026
- Kroasië en Slowenië: 28 Junie – 9 Julie 2026
- Britse Eilande Avontuur: 28 Julie – 12 Augustus 2026
- Oos-Amerika met ‘n Karibiese Eilande Bootvaart: 5-21 September 2026
- Skandinawië met ‘n Baltiese See-Bootvaart: 12-24 September 2026
- Viëtnam, Kambodja & Singapore: 8-23 Oktober 2026
- Epiese Mediterreense Bootvaart-toer: 23 Oktober – 2 November 2026
Monte Carlo, Monaco
We travel because we need to,
because distance and difference
are the secret tonic of creativity.
When we get home,
home is still the same.
But something in our mind
has been changed,
and that changes everything.
Alaska-bootvaart
DIS TYD OM WEER TE TOER!
ABBA SKOUSPEL IN LONDEN
‘n Opsionele bonus wat tydens ons Britse Eilande Avontuur-toere aangebied word, is om die ABBA VOYAGE skouspel in die nuwe ABBA Arena in Londen te beleef.
Gerhard sê: “Die ABBA VOYAGE-konsert was beslis een van die musiek- en virtuele-hoogtepunte van my lewe. Bespreek so gou as moontlik ons Britse-toer, sodat ons kan seker maak dat ons vir jou ‘n Abba Arena-sitplekkaartjie bekom!”.
Viëtnam, Kambodja & Singapore
Ons gewilde toer na Viëtnam, Kambodja & Singapore, met die uitstekende David as toergids, word weer beplan vir 8-23 Oktober 2026.
Halongbaai, Viëtnam
Kroasië & Slowenië 2026
Ons Kroasië Kostekerwer-groepstoer in die Junie skoolvakansietyd bly jaar na jaar een van ons gewildste toere. Vir 2026 verleng ons weer die toer na Slowenië. As jy nog nooit hierdie besondere lande ervaar het nie, bespreek nou vir 2026!
Plitvice-watervalle, Kroasië
M | T | W | T | F | S | S |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 |
