• Akkommodasie: Kwaliteit akkommodasie in dubbel-kamers met private geriewe. Daar is ‘n bybetaling vir
enkelkamer akkomodasie.

• Belastings: Alle Lughawe- en Seehawe-belastings asook Brandstofheffings.

• Etes: Elke reisplan se etes verskil, maar daar is minimum van een ete per dag ingesluit.

• Vlugte: Lugvervoer in Ekonomiese klas IATA lug- rederye vanaf Kaapstad of Johannesburg.

• Vervoer: Vervoer in lugversorgde busse met die beste busse beskikbaar in land wat besoek word.

Bus -en trein vervoer vind plaas soos aangedui op die reisplan.
Die dienste van ‘n ervare toerleier.

UITGESLUIT BY TOERE:

• Aansluitvlugte: Aansluitingsvlugte na Johannesburg of Kaapstad kan gereel word teen ‘n addisionele
Kostes.

• Versekering en reisdokumente: Die koste verbonde aan paspoort en visum aansoeke, sowel as die reisversekering. Ons
bied wel ‘n addisionele reisversekering polis deur TIC (gerugsteun deur Santam).

• Ander uitgawes soos: Opsionele fooitjies, uitstappies, aandvermaak, koffie en tee by by van die etes en uitgawes
soos telefoonoproepe en wasgoed.

BELANGRIKE PUNTE:

• DEPOSITO/TOERGELDE: Deposito’s/Toergelde van’ n toer moet voor die sperdatums wat op die besprekingsvorm aangedui word inbetaal word.

• TOERKOSTE: Die totale toekoste is gebaseer op die lugreisgelde en landreëlingskostes tydens die finalisering van die reisplan. Dit is onderhewig
aan wissekoersveranderings.

• BAGASIE: Toerlede word beperk tot 1 reistas per persoon met ‘n maksimum van 20kg
(sommige lugdiesnste 23kg) en ‘n maksimum van 7kg vir handbegasie.

• KANSELLASIES: As ‘n toer minder as 12 weke voor vertrek gekaselleer word, word die volle
toerkoste verbeur.

• UITVOERING: Die uitvoering van ‘n toer is onderhewig aan ‘n minimum van 20 passasiers.
Indien ‘n onvoldoende aantal passasiers bespreek, word ‘n toer gekanselleer
en alle deposito’s terugbetaal.

• Indien daar probleme met die bespreking van een van die genoemde hotelle mag ontstaan, sal daar van ‘n soortgelyke hotel gebruik gemaak word.

AANSPREEKLIKHEID:

Die organiseerder van die toer, kan nie aanspreeklik gehou word indien die onwaarskynlike gebeur dat ‘n toerlid iets mag oorkom of skade mag ly tydens ‘n spesifieke toer nie.