standard-title Tuisblad

Tuisblad

WELKOM BY VAN DYK TOERE

Van Dyk Toere is begin deur Gerhard van Dyk toe hy in 1995 ‘n toer vir ‘n groep van 24 senior-burgers van die Hartenbos-diensentrum na Thailand aangebied het. Sy passie vir reis en om onbekende wêreld-dele met ander te deel het daartoe gelei dat die groepstoere deur die jare vinnig uitgebrei het. Sy seun, Renhard, deel sy passie vir reis en het Toerisme-bestuur gestudeer.

 

Van Dyk Toere se visie is om die billikste toere na die buiteland in Suid-Afrika aan te bied, sonder om kwaliteit in te boet. Los al die reëlings en stres vir ons en geniet ‘n unieke groepstoer, met genoeg vrye tyd om ook jou eie ding te doen!

 

Gelukkig het die toerismebedryf die afgelope jaar weer grootliks gestabiliseer na die pandemietyd. Met ons groepstoere het dit ook weer heelwat beter begin gaan in 2023. Ses van ons groepstoere was volbespreek. Dit was ook opvallend dat sommige toerlede meer as een toer in die jaar bespreek het – iets wat selde gebeur het voor die pandemietyd. Dit is net jammer dat die wêreldwye hoë inflasie en die verswakking van die waarde van die Rand daatoe gelei dat toerkostes heelwat gestyg het gedurende 2023.

 

Ons is opgewonde oor ons toere wat vir 2024/25 beplan word. Daar is reeds heelwat belangstelling in ons Rondom die Wêreld-toer (met ‘n bootvaart van Japan na Alaska). Ons Zanzibar-wegbreek is ‘n splinternuwe groepstoer teen ‘n billike koste. En vir die eerste keer bied ons ook ‘n Somer Rynvaart van Duitsland na Nederland aan. Ons het ‘n baie billike toerkoste-aanbod vir die Rynvaart-toer van ons toer-operateur in Switserland ontvang en dink dié toer bied uitstekende waarde vir geld.
Laat weet gerus as daar een van ons toere is waarin jy belangstel. En as jy ‘n voorstel het vir ‘n nuwe toer na ‘n ander deel van die wêreld, laat weet asseblief…

 

Die Dalai Lama het by geleentheid gesê:
“Once a year go someplace you’ve never been before.”

 

ONS WYS JOU NIE NET EUROPA, ASIË, OF DIE AMERIKA’S NIE
…….
ONS WYS JOU DIE WÊRELD!

 

Toere vir 2024/25

Kyk gerus na die reisplanne van ons opwindende groepstoere wat beplan word op ons TOERE VIR 2024/25-bladsy:

 

  • Egipte met ‘n Nylvaart: 22-31 Maart 2024    VOLBESPREEK
                                          10-19 Mei 2024     OOP VIR BESPREKING
  • Rondom die Wêreld-toer: 7-27 April 2024
  • Switserse Alpe kleingroep-treintoer: 6-15 Junie 2024 VOLBESPREEK
                                                             28 Mei – 6 Junie 2024 OOP VIR BESPREKING
  • Kroasië Kostekerwer: 17-29 Junie 2024
  • Somer Rynvaart: 5-15 Julie 2024
  • Britse Eilande Avontuur: 6-21 Augustus 2024
  • Viëtnam, Kambodja & Singapore: 10-25 Oktober 2024
  • Mediterreense V!VA Bootvaart-toer: 27 Oktober – 10 November 2024
  • Verre Ooste Bootvaart-toer: 25 Januarie – 9 Februarie 2025
  • Kanariese Eilande Bootvaart-toer: 9-22 April 2025
  • Skandinawië met ‘n Baltiese See-bootvaart: 26 Mei – 7 Junie 2025

 

              Monte Carlo, Monaco

We travel because we need to,
because distance and difference
are the secret tonic of creativity.
When we get home,
home is still the same.
But something in our mind
has been changed,
and that changes everything.

                Alaska-bootvaart

Top